Twee jaar gelede het ek my tassies gepak en die vlug Lucerne toe aangepak. Ek het nie slegs my tassies gepak nie, maar alles verkoop: kaste, eetgerei weggegee, couch verruil vir spaargeld usw usw und so weiter. My tassies gepak omdat ek 'n vriend in Weggis wou gaan help om net sy bediening van die grond af te kry...
En van toe af was ek stil. Sedertdien het ek nie boe of ba gese nie. Nouliks 'n woord op papier gesit. My facebook profiel was selfs dood vir 'n jaar,
maar mense, nou is dit weer groengrastyd. Tyd vir skryf en filosofeer en tyd om net weer myself te re-invent.
Waar is die ou Elna?? Die plaaskind ek wat onbesorgd speels baie gelag het en net elke dag geniet en waardeer het vir wat dit was.
Watch this space...soos wat ons saam herkou aan die alledaagse wat ons lewe is.
I am closing the circle on the past...en profeties blaas ek energie in al die kreatiewe idees....ek skoon opgewonde!!
Thursday, September 9, 2010
Subscribe to:
Comments (Atom)